atletiek

Laerskool Florida se atlete blink by verskeie byeenkomste uit.  Ons atlete presteer goed en het altyd atlete wat deel vorm van die Gauteng- en SA-spanne.

 

  • 2010 - 3 atlete na SA-Kampioenskappe
  • 2011 – 8 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 3 atlete na SA-Kampioenskappe
  • 2012 - 16 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 3 atlete na SA-Kampioenskappe
  • 2013 - 16 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 1 atleet na SA-Kampioenskappe
  • 2014 - 15 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 1 atleet na SA-Kampioenskappe

 

Landloop

Wat landloop interessant maak, is dat jy nie om ʼn rugbyveld of ‘n netbalbaan hardloop  nie, maar die baan strek gewoonlik oor ʼn verskeidenheid terreine, deur die ongerepte natuur, oor berge en deur dale. Die seisoen begin Mei en eindig in September wanneer die Suid-Afrikaanse kampioenskappe plaasvind. Ligabyeenkomste is op Vrydae vanaf die 3de Kwartaal vir 4 weke.

 

Hierdie sport leer deelnemers om op verskeie vlakke te volhard; die seisoen is lank en hulle moet ver hardloop en soms is dit nodig om jouself net nog bietjie te druk om aan te hou, al is jou asem min. Hierdie is genoeg rede vir ouers om hul kinders aan te moedig om aan landloop deel te neem (en sommer ook self die hardloop-skoene aan te trek!)

kontak ons

Ontvangs 011 672 1540

Finansies 011672 6960

admin@laerskoolflorida.co.za

info@laerskoolflorida.co.za

finansies@laerskoolflorida.co.za