florrieland

Florrieland is Laerskool Florida se eie kleuterskool vir Gr 00 en R. Daar is een Gr 00 klassie en drie gr R klasse.

 

Ons groot speelgrond het talle klimrame, glyplanke en ‘n groot sandput.

 

Ons streef daarna om elke maatjie van Florrieland tot die beste van hulle vermoë te ontwikkel en sodoende skoolgereed te kry. Die werk wat ons doen word op ‘n lekker manier oorgedra deur middel van rolspel, speletjies en kuns. In gr R fokus ons op die werk wat in gr 1 behandel word om dit vir die maatjies solank bekend te stel sodat dit makliker vir hulle is om aan te pas in Gr 1.

 

Elke maatjie in Florrieland is vir ons belangrik.

Ons noem ons skool Florrieland

Met klimrame en lekker sand

Gr 00 het een ou klas

So baie in gr R, moes ons in 3 klasse pas

 

Ons kom by die skool een vir een

Speel blokkies, bou legkaart en hop op een been

In rye staan ons agter mekaar

Die een wat voor staan, glimlag en baljaar!

 

Bybelstories leer juffrou vir ons

Van Moses en Jesus kan ons omtrent gons

Die weerkaart bekyk ons elke dag

En om ons tema te hoor, laat ons glimlag

 

Ons werk kliphard in ons boeke

Kan nie glo ons was eens in doeke

Tel van een tot tien, kyk hoe groot is ons nou

Plus en minus somme, ons lag vir jou

 

Etenstyd is ‘n groot hoogtepunt

Heerlike broodjies het elke kind

Pouse speel al ons maatjie saam

Bo, onder of onderstebo op die klimraam

 

Woensdae ... jippee dit is snoepie dag

Uiteindelik eet ons lekkers...wat ‘n lang wag

Rugby en netbal oefen ons saam

Kyk uit vir ons..... die beste span op die baan

 

Terug in die klas vir die dag se kuns

Ons spoeg en plak, dit tel in ons guns

Dit word nou al hoe later

Huis toe tyd kom al nader

 

Storietyd op die mat

Wat ‘n avontuur oor die swart kat

Kan nie glo nog ‘n dag is verby

Die skool is uit, wat ‘n fantastiese tyd!

kontak ons

Ontvangs 011 672 1540

Finansies 011672 6960

admin@laerskoolflorida.co.za

info@laerskoolflorida.co.za

finansies@laerskoolflorida.co.za