kunswedstryd

Die Roodepoortse Afrikaanse Kunsvereniging (RAK) stel hom ten doel om elke jaar geleenthede te skep waartydens Afrikaans- en Engelsprekende leerders vanaf Gr 00 – Gr 12 hulle talente op die verhoog kan uitleef.

Elke tweede jaar is daar kreatiewe kuns wat aangebied word om vir ons kreatiewe leerders ʼn kans te gee om hulle talente uit te leef.

 

Dit bestaan uit:

  • Collage
  • Patroonmaak en drukwerk
  • Skilder
  • Teken
  • Modelleer

 

Die jaar waar daar nie kreatiewe kuns plaasvind nie, is ons jaar van uitvoerende kuste en revue.

Leerders vanaf Gr 00 – Gr 7 kry kans om hulself op die verhoog uit te leef en hulle selfvertroue te wys.

 

Dit bestaan uit:

  • Poësie
  • Prosa (gedramatiseerde en nie-gedramatiseerde)
  • Vokaal (Solo’s)
  • Kore
  • Revue en danse
  • Spreekkore

 

Laerskool Florida neem elke jaar deel en ons spreekkore is van hoogste gehalte.  Met so baie opsies om van te kies, kan elke leerder hulself geniet.

kontak ons

Ontvangs 011 672 1540

Finansies 011672 6960

admin@laerskoolflorida.co.za

info@laerskoolflorida.co.za

finansies@laerskoolflorida.co.za