redenaars

Wat is redenaars? Het jy senuwees van staal? Is jy ʼn seun of n meisie met ʼn mening? Dan sal jy redenaars geniet.  Redenaars bied aan elke leerder die geleentheid om op sy of haar manier hul sê te sê en opinie te lig oor ʼn spesifieke onderwerp.

 

Laerskool Florida neem jaarliks aan die ATKV redenaars, sowel as Super 12 redenaars-kompetisie deel. Ons Florida-kampioene vorder baie goed op hierdie vlak.  Ons is een van 24 skole wat aan die Super 12 – redenaars en 1 van vele skole wat aan die ATKV-redenaars deelneem.  Een van ons eie Graad 1-leerders was een van slegs 12 leerders wat na die semi-finale rondte van die ATKV, deurgedring het.

 

So, kom sê jou sê! En lig jou opinies.

kontak ons

Ontvangs 011 672 1540

Finansies 011672 6960

admin@laerskoolflorida.co.za

info@laerskoolflorida.co.za

finansies@laerskoolflorida.co.za