Florrieland (Graad RR-R)

Florrieland is Laerskool Florida se eie kleuterskool vir Gr RR en R. Daar is twee gr RR klasse en twee gr R klasse.

Graad RR kan gesien word as ‘n voorbereidingsjaar vir Graad R en Graad 1. Die kleuter kry die geleentheid om deur speel te leer, sy wêreld uit te brei en met ‘n verskeidenheid media te eksperimenteer. Daar word egter klem gelê op ‘LEER deur SPEEL!’ Hy moet ook leer om ‘n roetine te volg en aan die vereistes van die klaskamersituasie te voldoen.

Florrieland is Laerskool Florida se eie kleuterskool vir Gr 00 en R. Daar is een Gr 00 klassie en drie gr R klasse.

Ons groot speelgrond het talle klimrame, glyplanke en ‘n groot sandput. Ons spog ook met ons eie, nuwe badkamers en juffrouens wat hul passie uitleef.

Ons streef daarna om elke maatjie van Florrieland tot die beste van hulle vermoë te ontwikkel en sodoende skoolgereed te kry. Die werk wat ons doen word op ‘n lekker manier oorgedra deur middel van rolspel, speletjies en kuns. In gr R fokus ons op die werk wat in gr 1 behandel word om dit vir die maatjies solank bekend te stel sodat dit makliker vir hulle is om aan te pas in Gr 1.

Florrieland uniform

Florrieland het sy eie unieke somer- en winteruniform. Uniforms is beskikbaar by Die Windpompie klerebank.

Uniform verskaffer

Florrieland Onderwysers

Florrieland lied

Elke maatjie in Florrieland is vir ons belangrik.

Ons noem ons skool Florrieland
Met klimrame en lekker sand
Gr RR het net een klas
So baie in gr R, moes ons in 3 klasse pas

Ons kom by die skool een vir een
Speel blokkies, bou legkaart en hop op een been
In rye staan ons agter mekaar
Die een wat voor staan, glimlag en baljaar!

Bybelstories leer juffrou vir ons
Van Moses en Jesus kan ons omtrent gons
Die weerkaart bekyk ons elke dag
En om ons tema te hoor, laat ons glimlag

Ons werk kliphard in ons boeke
Kan nie glo ons was eens in doeke
Tel van een tot tien, kyk hoe groot is ons nou
Plus en minus somme, ons lag vir jou

Etenstyd is ‘n groot hoogtepunt
Heerlike broodjies het elke kind
Pouse speel al ons maatjies saam
Bo, onder of onderstebo op die klimraam

Jippee! Daar is een snoepie dag
Uiteindelik eet ons lekkers…wat ‘n lang wag
Rugby en netbal oefen ons saam
Kyk uit vir ons….. die beste span op die baan

Terug in die klas vir die dag se kuns
Ons spoeg en plak, dit tel in ons guns
Dit word nou al hoe later
Huis toe tyd kom al nader

Storietyd op die mat
Wat ‘n avontuur oor die swart kat
Kan nie glo nog ‘n dag is verby
Die skool is uit, wat ‘n fantastiese tyd!