Laerskool Florida glo dat kultuur net se groot rol in skole moet speel soos sport. Ons streef om elke leerder die geleentheid te gee en te skep om sy/haar kultuur talente te kan ontdek en verfyn. Laerskool Florida se kultuurgebied sluit, kunswedstryde, redenaars, revue, koor en kunsklub in.
Revue
Laerskool Florida se revue is wyd en syd bekend as een val die grootste massa-kultuuraktiwiteite wat elke tweede jaar plaasvind. Elke leerder van Gr 00 – Gr 7 neem aan dié hoogtepunt aktiwiteit deel. Ons oefen maande om die beste produksie aan te bied.
Baie dankie aan die hele Florrie-gemeenskap wat ons so ondersteun.
Oefening van ons spog-aktiwiteit geskied gedurende skoolure, so geen ouer hoef op en af te ry vir die aktiwiteit nie.
Redenaars
Wat is redenaars? Het jy senuwees van staal? Is jy ʼn seun of n meisie met ʼn mening? Dan sal jy redenaars geniet. Redenaars bied aan elke leerder die geleentheid om op sy of haar manier hul sê te sê en opinie te lig oor ʼn spesifieke onderwerp.
Laerskool Florida neem jaarliks aan die ATKV redenaars, sowel as Super 12 redenaars-kompetisie deel. Ons Florida-kampioene vorder baie goed op hierdie vlak. Ons is een van 24 skole wat aan die Super 12 – redenaars en 1 van vele skole wat aan die ATKV-redenaars deelneem. Een van ons eie Graad 1-leerders was een van slegs 12 leerders wat na die semi-finale rondte van die ATKV, deurgedring het.
So, kom sê jou sê! En lig jou opinies.
Kunswedstryd
Dit bestaan uit: collage, patroonmaak en drukwerk, skilder, teken en modelleer
Die jaar wat daar nie kreatiewe kuns plaasvind nie, is ons jaar van uitvoerende kunste en revue. Laerskool Florida neem deel en ons spreekkore/choral verse is van hoogste gehalte. Met so baie opsies om van te kies, kan elke leerder hulself geniet op kulturele gebied.
Koor
Ons bied die kinders baie geleenthede deur optredes om kans te kry om hulle talente ten toon te stel.
Jaarliks word daar ook verskeie kerk-optredes en kunswedstryde gereël.