
Hoekom Laerskool Florida?
Ons is ‘n trotse Afrikaanse skool wat ons waardes uitleef. Ons is ‘n skool wat elke kind se potensiaal ontgin want ons weet dat almal uniek is.

Stap 1: Florrieland - Gr. RR en R
Graad RR en R kan gesien word as ‘n voorbereidingsjaar vir Graad 1.
Die Florrie kry die geleentheid om deur speel, te leer. Sy wêreld uit te brei en met ‘n verskeidenheid media te eksperimenteer.
Daar word egter klem gelê op ‘LEER deur SPEEL’! Hy moet ook leer om ‘n roetine te volg en aan die vereistes van die klaskamersituasie te voldoen.

Stap 2: Grondslagfase - Gr.1-3
‘n Grondslagfase leerling (Graad 1-3) beleef hulle wêreld konkreet.
Selfontdekking bied die geleentheid om self te dink. Fisiese aktiwiteite om sosiaal te verkeer.
Die doel van opvoeding is om aan die leerder die geleentheid te bied om te leer van norms, waardes, kennis, insig en vaardighede.
Leer ook om interaksie tussen ander te bewerkstellig en sosiale vaardighede saam met taal te ontwikkel.

Stap 3: Intermediêre- en seniorfase - Gr. 4-7
Graad 4 is die eerste graad van die intermediêrefase. Dit is die eerste jaar wat leerders eksamen skryf.
Graad 6 is die laaste jaar van die intermediêrefase en is die voorbereiding vir die seniorfase.
Graad 7 is die eerste graad van die seniorfase. Werkslading is meer om te verseker dat leerders reg is vir die hoërskool.
GAAN JY 'N EENDJIE, PLAASJAPIE OF DALK 'N BYTJIE WEES?
Welkom by jou nuwe Gr.RR, R en 1 klas
‘n Klaskamer is ‘n veilige hawe waar elke Florrie kan leer en speel op hulle eie tempo. Elke klaskamer is kleurvol versier met leer materiaal om die werk so interessant as moontlik te maak.
Ons missie is om klaskamers klein en persoonlik te hou, sodat elke Florrie individuele aandag kan kry.
Ons grondslagfase struktuur:
- 2 x Graad RR klasse
- 3 x Graad R klasse
- 4 x Graad 1 klasse
- 3 x Graad 2 klasse
- 3 x Graad 3 klasse
Kyk hoe groot is jou nuwe skool:

2024 SKOOLFONDS SAL BEVESTIG WORD TYDENS DIE 4DE KWARTAAL:
2023 Skoolfonds riglyne
Florrieland
Gr.RR en R-
Eerste paaiement R2000.00
-
R17 100.00 per jaar
-
Skryfbehoeftes ingesluit
-
Skoolfoto's ingesluit
-
Florrieland inligtingsboekie
-
Vervoer na plaaslike buitemuurse aktiwiteite (60km vanaf die skool)
Laerskool Florida
Gr.1-7 en LSEN-
Eerste paaiement R2000.00
-
R16 100.00 per jaar
-
Skryfbehoeftes word nie ingesluit nie
-
Skoolfoto's ingesluit
-
Wolkskool-subskripsies
-
Vervoer na plaaslike buitemuurse aktiwiteite (60km vanaf die skool)
-
Twee leerders: R2 820.00 per maand (R32 200.00 per jaar)
-
Drie of meer leerders: R3 500.00 per maand (R40 100.00 per jaar)
VELE GELEENTHEDE
Akademie, sport en kultuur
Omdat ons ‘n gebalanseerde skool is, is sport en kultuur vir ons net so belangrik soos akademie. Voortdurende opleiding vir afrigters en koöptering van professionele afrigters maak ons anders as ons kompetisie.
Omdat daar so baie geleenthede is, is elke Florrie opgewonde om deel te wees van ‘n Florrie span.
DIE FEES VAN FLORRIE WEES
Algemene Inligting

Skooltye vir Florrieland
Maandag – Vrydag: 07:30-12:40
Skooltye vir Laerskool Florida
Gr.1-3:
Maandag – Donderdag: 07:30-13:30
Vrydag: 07:30-12:50
Gr.4-7
Maandag – Donderdag: 07:30-14:00
Vrydag: 13:00
Die Studiesentrum stel hom dit ten doel om beskikbaar te wees vir leerders wie se ouers voldag werksaam is en nie behoorlike toesig tuis kan bied nie. Dit is vir die skool van kardinale belangrik dat die sentrum leerders ondersteun met behoorlike toesig, beheer en kontrole. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon, huiswerk te doen tydens ‘n studiesessie en sosiaal met maats te verkeer. ‘n Kontrakvorm met persoonlike gegewens van elke leerder word deur die ouers geteken en op lêer geplaas.

Kontak ons
- 010 442-8999
- info@laerskoolflorida.co.za
- hoof@laerskoolflorida.co.za
- rekeninge@laerskoolflorida.co.za
- admin@laerskoolflorida.co.za
Alles van a-z oor Florrie-wees
Registreer vandag:
Kontak ons
- 48 9th Ave, Florida, Roodepoort, 1710
- 010 442-8999
- info@laerskoolflorida.co.za
- hoof@laerskoolflorida.co.za
- rekeninge@laerskoolflorida.co.za
- admin@laerskoolflorida.co.za