Uit die hoof se kantoor:

Wat ‘n wonderlike jaar was dit nie sover nie. Ons hoef ook nie meer maskers te dra nie. Het nie nodig om te isoleer nie, sport was normaal met atletiek in eerste kwartaal en die Welpie rugby ,mini netbal, rugby en netbal wat die seisoene kon klaarmaak sonder Covid – 19. Ons Welpie en mini sport het besonder goed gedoen. Ons netbal het van krag tot krag gegaan en ons kon duidelik by ons 1ste en 2de span sien dat hulle op ‘n toer was. Ons rugby was ook baie kompeterend en ons onder 11 span het die Goue Leeus trofee gewen in die Sub Super Liga. Ons sê baie geluk aan die seuns en hul afrigters Mnre. Christian en Rynhardt.

Hou die volgende twee datums oop op u kalenders: Saterdag 3 September 2022. Op dié dag vind daar ‘n mini krieket en -hokkietoernooi plaas op ons eie velde. Tien skole kom daaraan deelneem.

30 September en 1 Oktober vind daar ‘n 24 uur fietsry marathon plaas waar verskillende spanne kan inskryf en ouers kan met hulle kinders die nag uitslaap op die rugbyvelde. Daar gaan Laerskool , Hoërskool, sosiale en professionele spanne wees. Hier kom ‘n ding!

Ons kultuur is hard aan die oefen met spreekkore wat in Augustus aan die RAK kompetisie gaan deelneem.

Dan ‘n saak wat my bekommer en vir al ons onderwysers. Ons kinders laathulle akademie agterwee. Ouers, julle moet ons skool se hande sterkmaak. Daar moet ‘n kultuur geskep word van verantwoordelikheid by ons kinders teenoor hulle skool en akademie. Die ouers teenoor hulle kinders en die skool. Daar is ‘n klein groepie kinders en ouers wat hulle kant sal móét bring. As hierdie sin met jou en jou gesin praat, help asseblief. Ons is almal lief vir Laerskool Florida.

Op hierdie punt. Vorderingsverslae sal binne die eerste week van die nuwe kwartaal deur u kind in ontvangs geneem word. Baie geluk met u kind se prestasie tot op hede.

Hoop die nuwe kwartaal gaan vir u en u gesin ‘n wonderlike tyd wees.

Ons is opgewonde, in die pyplyn:

OPEDAG 2022

1. Kom kuier saam met ons!

2. Hou ons Facebook blad dop vir meer inligting.

3. Tel saam met ons die dae af!

HOE, WAAR EN WANNEER

Woensdag, 11 Mei 2022 – Vrydag, 13 Mei 2022: 09:00-15:00 (tydens skoolure)

Saterdag 14 Mei 2022: 09:00-13:00.

BAIE BELANGRIK:

Met ‘n nuwe kwartaal kom nuwe onnies, nuwe reëlings en nuwe geleenthede. Daarom moet ons, ons webtuiste opgradeer.

Laai gerus die volgende dokumente af terwyl ons kreatiewe-span besig is.

2022 Inskrywingsvorms
inligtingsboek
Studiesentrum/naskool

Jammer vir enige ongerief, kontak ons vir enige verdere inligting.

010 442 8999