Ons hier by Florries glo ons dat ‘n gesonde liggaam beslis ‘n gesonde gees huisves. Enige sportaktiwiteite bied aan enige kind, enige tyd die geleentheid om hul talente te ontwikkel as individu en in ‘n span atmosfeer.
Hier by die Florries word sport beoefen as ‘n verlengstuk van die opvoedings-en onderrigtaak. Ons glo in die ontwikkeling van die kind in totaliteit.
Ons as Florries werk baie hard daaraan om elke leerling betrokke te kry by ons wye verskeidenheid sportsoorte.
Ons gee aan elke kind erkenning vir deelname en vir enige prestasie behaal tydens ons jaarlikse erkenning, prys-en bekronings funksies.
Sportsoorte wat aangebied word
Atletiek
Netbal
Mini-netbal
Rugby
Welpie rugby
Hokkie
Mini-hokkie
Krieket
Mini-krieket
Landloop
Tennis
Skaak