Laerskool Florida bied aan elke Florrie-Kampioen vanaf onder 6 tot onder 13 die geleentheid om aan atletiek deel te neem. Die atletiek seisoen begin reeds in Oktober en eindig in Maart.

Items wat afgerig word sluit in: naellope, hekkies, middelafstande, gewigstoot, hoogspring, verspring, diskus en spiesgooi. Oefening is gewoonlik Maandae, Dinsdae en Donderdae middae. Die byeenkomste wissel van weeksmiddag/aand of ‘n Saterdag oggend. Ons neem aan tuis, sowel as wegbyeenkomste deel.

Die jaarlikse hoogtepunte is ons eie Interhuis met die klem op massa deelname. Die Interlaer; nou genoem die Cluster byeenkoms; wat gewoonlik hier in die middel van Februarie plaasvind, is en bly ‘n prestige byeenkoms.

Die Roodepoort byeenkoms wat hierna plaasvind; gevolg deur die D12/Johannesburg-Wes Distrik byeenkoms is ons atlete se geleentheid om te kwalifiseer vir deelname aan die Gauteng Kampioenskappe.

Oor die jare het ons baie atlete opgelewer wat hul Cluster en/of hul distrik en/of hul provinsie op die groter verhoog verteenwoordig het.

Die atletiek seisoen eindig middel Maart na afloop van die Suid-Afrikaanse byeenkoms. Die Florries spog oor die jare met ‘n hele paar provinsiale en nasionale kampioene. Ons afrigters bied gesonde afrigting aan vir ons kinders en glo elke kind is ‘n wenner. Ons beamptes doen tot op provinsiale vlak diens.

2010 – 3 atlete na SA-Kampioenskappe

2011 – 8 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 3 atlete na SA-Kampioenskappe

2012 – 16 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 3 atlete na SA-Kampioenskappe

2013 – 16 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 1 atleet na SA-Kampioenskappe

2014 – 15 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 1 atleet na SA-Kampioenskappe

2018 – 6 atlete na Gauteng Kampioenskappe

2019 – 8 atlete na Gauteng Kampioenskappe

2020 – 12 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 3 atleet na SA-Kampioenskappe

Vir meer inligting kontak gerus Meneer Mias Schutte op

sport@laerskoolflorida.co.za