Laerskool Florida begin direk na die rugby met oefening en vriendskaplike wedstryde vir ons onder 9 tot onder 13 spanne. Ons skop gewoonlik af met ‘n winter toer na die Bosveld gedurende die Junie vakansie. So ‘n toer is net die regte doepa vir spanbou en harde, goeie krieket teen van die sterkste skole in die omgewing.

Die Johannesburg-Wes laerskole krieket liga begin al vroeg in die derde kwartaal vir al ons spanne. Ons onder 13; of dan eerste span speel ook jaarliks in die baie kompeterende Johannesburg-Wes o13 15/15 aandreeks. Die onder 11 span speel ook sedert 2019 in die nuut gestigte Johannesburg-Wes o11 15/15 aandreeks.

Ons lewer gemiddeld 12 spelers per seisoen vir die onderskeie Johannesburg-Wes distrik spanne. Verskeie spelers van Florries het al diens gedoen op provinsiale en nasionale vlak. Ons grootse trots is die oud-Florrie Wian Mulder wat vir die Protea krieketspan gekies was.

Oefening is Maandae, Dinsdae en Donderdae middae met die ligawedstryde Maandae vir die onder 9’s, Dinsdae vir die tweede en eerste spanne en Donderdae vir die onder 10’s en 11’s; op ‘n weg-en tuis basis.

Ons bied ook Mini-krieket vir die onder 7 en onder 8 seuns en dogters aan. Oefening en wedstryde is op Woensdae middae. Ons neem aan verskeie Mini-krieket dae deel wat op Saterdae aangebied word.

Ons afrigters doen tans diens tot op provinsiale vlak as keurders, afrigters en administrateurs.

Vir meer inligting kontak gerus Meneer Mias Schutte op

sport@laerskoolflorida.co.za