Gedurende die vierde kwartaal is dit Florries se langasems se beurt om hul staal te wys. Ons neem op Vrydae middae deel aan die Johannesburg-Wes liga wat ook dien as proewe. Oefening is basies elke middag…….jy moet fiks wees.

Ons lewer jaarliks atlete op wat tot op provinsiale vlak presteer. Met al die voordele wat landloop inhou wat fiksheid, kondisionering en uithou vermoë betref, bly landloop een van die gewildste en groeiende sportsoorte.

Ons neem al ons Florrie rugbyspanne op toere gedurende die Maart/April vakansie om hul vaardighede te verskerp en spanbou verder te ontwikkel. Die eerste span neem jaarliks aan verskeie toernooie deel; Kimberly, Paarl, Cradock tot by die Vrystaat se vlaktes het ons al gaan toer. Tydens die geleenthede word ons gemeet aan die beste rugby spelende laerskole in die land en is die laaste paar seisoene in die Top 10.

Tydens ons oefening, wat vir al die ouderdomme Maandae, Dinsdae en Donderdae middae is, poog ons om soveel as moontlik seuns te betrek. Dit is nie vir ons vreemd om tot 200 seuns by ‘n oefening te hê nie.

Ons seuns word jaarliks in die Sentraal-Wes en Goue Leeus onder 12 en onder 13 spanne opgeneem vir die 15-man en 7’s kodes.

Ons afrigters doen diens tot op provinsiale vlak as keurders, afrigters en spanbestuurders.

Vir meer inligting kontak gerus Meneer Mias Schutte op

sport@laerskoolflorida.co.za