Netbal is ‘n winter sportsoort en die Florrie-Bokkies begin reeds einde Februarie met die nodige kondisionerings oefening.

Ons as Florries glo dat die liefde vir die spel Netbal van vroeg af aangeleer moet word. Om die rede het ons Mini-netbal waar die onde 6 tot onder 9 dogters bekend gestel word aan netbal. Deur die seisoen van agt weke word daar ten minste ses wedstryde Mini-netbal gespeel. Ons neem aan tuis en weg Mini-netbal byeenkomste deel asook Saterdae Mini-netbal dae.

Die onder 10 tot onder 13 dogters neem aan die plaaslike liga deel waar wedstryde op Dinsdae en Donderde gespeel word. Verskeie ouderdomme het oor die jare hul liga’s gewen. Oefening vir al die ouderdomme is Maandae, Dinsdae en Donderdae middae.

Jaarlikse vat ons die dogters op Netbal uitstappies/toere na omliggende terreine en instansies wat in netbal afrigting spesialiseer. Ons hoogtepunt hier is die Sun City Under 13 Challenge in die Pilansberg onder leiding van Dorette Badenhorst; huidige nasionale afrigster. Ons lewer elke jaar speelsters op vir die D12 distrikspanne. Sedert die vroeë jare het ons verskeie provinsiale speelsters opgelewer. Elke jaar tree ons afrigters op as keurders, skeidsregters en/of afrigters vir die distrik en/of provinsiale spanne. Jaarliks neem daar ongeveer 120 dogters intensief aan netbal deel by Laerskool Florida. Dit is en bly ‘n voorreg om jaarliks met ons dogters te spog; op en van die veld!

Vir meer inligting kontak gerus Meneer Mias Schutte op

sport@laerskoolflorida.co.za