
Dis weer daardie tyd van die jaar!
OPEDAG 2022

Die jaar is Floris opsoek na nuwe RIDDERS!
Ons weet jy het ‘n paar vrae:
Wie is Floris?
Wat is ‘n ridder?
Hoekom moet jy Opedag toe kom?
Ons gaan alles mooi verduidelik.
Solank JY -toekomstige Florrie ridder- die volgende doen:
1. Kom kuier saam met ons!
2. Hou ons Facebook blad dop vir meer inligting.
3. Tel saam met ons die dae af!
HOE, WAAR EN WANNEER

Woensdag, 11 Mei 2022 – Vrydag, 13 Mei 2022: 09:00-15:00 (tydens skoolure)
Saterdag 14 Mei 2022: 09:00-13:00.
BAIE BELANGRIK:
Met ‘n nuwe kwartaal kom nuwe onnies, nuwe reëlings en nuwe geleenthede. Daarom moet ons, ons webtuiste opgradeer.
Laai gerus die volgende dokumente af terwyl ons kreatiewe-span besig is.
Jammer vir enige ongerief, kontak ons vir enige verdere inligting.