Skoolklere
Florrieland skooldrag
Skooldrag vir Gr.RR en R

Florrieland uniform is beskikbaar by Laerskool Florida.
- Golfhemp: R130.00
- Kort broek: R110.00
- Sweetpaktop: R270.00
- Sweetpakbroek: R150.00
- Sweetpak: R450.00
Klere is betaalbaar by die kantoor van 07:30-14:00. Klere sal saam die maatjie huistoe gestuur word.
Florrielandklere verskaffers
Waar koop jy klere?
Viva Sport
Laerskool Florida
laerskool florida skooldrag
Skooldrag vir Gr.1-7 dogter

HARE EN NAELS
GRIMERING EN JUWELE
SOMERSKOOLDRAG
WINTERSKOOLDRAG
HARE EN NAELS
- Haarkleur moet ten alle tye natuurlik vertoon. Geen onnatuurlike strepe word toegelaat nie.
- Hare wat oor die kraag hang, moet vasgemaak word.
- Slegs haarbykomstighede wat by die skool se kleure pas, mag gedra word.
- Geen akriel of gel produkte op naels word toegelaat nie.
- Geen naellak mag gedra word nie.
- Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie.
GRIMERING EN JUWELE
- Geen maskara, oogomlyner of blosser word toegelaat nie
- Geen ringe, armbande of kettings word toegelaat nie.
- Dogters mag slegs een goue of silwer knoppie of ringetjie per oor dra.
- Geen steentjies, diamante of gekleurde oorbelle mag gedra word nie.
- Geen liggaam-juwele, soos neus-, tong en wenkbrou-juwele.
- Slegs ‘n silwer of goue seëlring mag gedra word.
SOMERSKOOLDRAG
- “Check” skoolrok, kort of lang grys kouse met swart skoolskoene.
- Gr 7 dogters mag die turkoois pullover dra.
- Geen sweetpakke en skipants gedurende somer en eksamen nie.
- Kda hemp, swart broek en tekkies word gedra tydens sportperiode.
WINTERSKOOLDRAG
- “Check” skoolrok, lang grys kouse of swart sykouse met swart skoolskoene.
- Dogters mag ‘n grys langbroek dra.
- Gr 7 dogters mag die turkoois pullover dra.
- Laerskool Florida sweetpak mag gedra word met tekkies. KDA hemp
- mag gedra word indien die leerder hulle sweetpak baadjie uittrek.
Skooldrag vir Gr.1-7 seuns

HARE
SOMERSKOOLDRAG
WINTERSKOOLDRAG
HARE
- Hare moet kort en netjies geknip wees.
- Die gedeelte om die ore moet skoon geknip wees. Hare mag nie aan die ore raak wanneer hare regaf gekam word nie.
- Wanneer hare afgekam word, mag dit nie aan die wenkbroue raak nie.
- “Sideburns” kan tot by die middel van die oor strek.
- Hare mag nie uitermate van die kop wegstaan nie. Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie, ingesluit geskeerde kante mat patrone.
- Natuurlike haarkleur moet ten alle tye vertoon en geen onnatuurlike strepe word toegelaat nie.
- Geen musse mag gedra word nie.
SOMERSKOOLDRAG
- Grys Kortbroek, Grys kortmou hemp met wapen op, Grys lang kouse en swart skoolskoene.
- Gr 7 seuns mag die turkoois pullover dra.
- Geen sweetpakke en skipants gedurende somer en eksamen nie.
- KDA hemp, swart broek en tekkies word gedra tydens sportperiode.
- Geen skipants
WINTERSKOOLDRAG
- Grys Langbroek, Grys langmou hemp. Grys kouse en swart skoolskoene.
- Gr 7 seuns mag die turkoois pullover dra.
- Laerskool Florida sweetpak mag gedra word met tekkies. KDA hemp mag gedra word indien die leerder hulle sweetpak baadjie uittrek. (Selfde as dogters sweetpak)
Laerskool Florida skooldrag verskaffers
Waar koop jy klere?
Viva Sport
Friendly House
Kontak ons
- 48 9th Ave, Florida, Roodepoort, 1710
- 010 442-8999
- info@laerskoolflorida.co.za
- hoof@laerskoolflorida.co.za
- rekeninge@laerskoolflorida.co.za
- admin@laerskoolflorida.co.za