Go florries!

Ons Florries kan!

Het jy ‘n netbal-of rugbybal in jou kamer? Is jy ‘n hokkiebokkie of die volgende Proteakrieketspeler?

Is Usain Bolt jou rolmodel en wens jy om die vinnigste in die wêreld te wees?

By Laerskool Florida help ons om jou grootste drome te bewaarheid. Van Netbal tot krieket en van skaak tot koor! Enige iets waaraan jy kan dink is by ons en ons wil jou droom saam met jou droom.

Elke sportsoort word met liefde motivering en positiwiteit beoefen. Die afrigters doen waarvoor hulle lief is en dra dit oor aan die leerders. Ons vorm ons leerders deur hulle toe te laat om te groei, ons vorm hulle en spoor hulle aan om hulle talente en gawes te verbeter.

Laerskool Florida streef  daarna om elke Florrie se Akademiese, kulturele en sportiewe talente ten volle te ontwikkel! Kom leef jou passie vir sport by ons uit, jy sal nooit spyt wees nie.

Welpie-Rugby

Mini-Krieket

Mini-Netbal

Mini-Hokkie

Rugby

Krieket

Netbal

Hokkie

Atletiek

Tennis

Skaak

Kontak ons

By Laerskool Florida weet ons dat elke kind uniek, besonders en spesiaal is. Ons streef om jou kind se potensiaal te bereik deur te fokus op hulle unieke boustene.