Meriete- en dissiplinestelsel
Meriete stelsel
By Laerskool Florida glo ons aan positiewe aanmoediging.
Beloning
Leerders word beloon wanneer hulle ons Florrie waardes uitleef en ander Florries aanmoedig, ondersteun, bystaan en lief het.
Leerders word beloon as hulle aan ons skool se aktiwiteite en geleenthede deelneem.
Aangesien wintersport ‘n spansport is gee ons graag meriete punte aan leerders wat oefening en wedstryde bywoon.
Omgee projekte
Ons gee om en by ons skool dien ons graag ons gemeenskap.
Dit is belangrik dat elke Florrie leer dat dit lekkerder is om te gee as om te ontvang.
Ons moedig samewerking aan en beloon leerders vir dit.
Puntestelsel
Meriete werk op ‘n puntestelsel. Sodra daar punte opgebou is word leerders as super Florries bekendgestel wat weer ander belonings geniet soos bv: gewone klere op sekere dae, langer pouses ens.
Florrie Ridder
3 x Super Florrie balkies is genoeg om ‘n Florrie Ridder te word.
Dit is elke Florrie se doelwit om daarna te streef om 'n ware Florrie Ridder te wees en ons skool se naam op elke gebied hoog te hou.
Florrie Ridder is die hoogste vorm van erkenning wat enige leerder kan ontvang.
Ons doelwit is om waarde gedrewe leerders vir die toekoms voor te berei.
Florries is presies waar hulle moet wees.
Ons merietestelsel loop hand-aan-hand met ons dissiplinestelsel.
Dissiplinestelsel
Dissipline en goeie maniere loop hand aan hand.

Basiese maniere begin by die huis
Dit is baie belangrik dat ouers by die huis basiese maniere van- goeiemôre, baie dankie, asseblief, respek ens. vir die kinders moet leer. As die kinders se basis reg is sal daar baie minder probleme met dissipline wees.
Dissipline by die skool word op 3 vlakke hanteer:
Vlak 1, minder ernstige oortredings na vlak 3 ernstige oortreders en inskrywings. Vlak 3 inskrywings sal veroorsaak dat leerders verskeie take moet uitrig soos detensie tydens pouses ens.

Vlak 1
Indien vlak 1 inskrywings herhaal word sal dit oordra na ‘n vlak 2 inskrywing.

Vlak 2
Na drie vlak 2 inskrywings sal hy/sy weer pouse detensie kry.

Vlak 3
Baie ernstige oortredings is ‘n vlak 3 oortreding. Vlak 3 inskrywings sal lei na ‘n dissiplinêre verhoor. Dissiplinêr verhoor bestaan uit ‘n vergadering saam met die leerder se ouers, die beheerliggaam, hoof en dissiplinêre-hoof. Daar word notule geneem waar hulle besluit wat is die beste manier om die probleem op te los.
Kontak ons
- 48 9th Ave, Florida, Roodepoort, 1710
- 010 442-8999
- info@laerskoolflorida.co.za
- hoof@laerskoolflorida.co.za
- rekeninge@laerskoolflorida.co.za
- admin@laerskoolflorida.co.za