“Om saam te werk is ‘n begin. Om saam the bou is vordering. Om saam te werk is sukses.” Henry Ford
By Laerskool Florida is ons personeel werklik een groot familie. Ons werk saam as ‘n span. Dis nie net akademie en sport wat aandag kry nie, maar daar is wonderlike geleenthede om as ‘n span saam te kuier, lag en groei.
Ons glo dat ons wen resep is definitief minder “ek” en meer “ONS”.