Skoolinligting

JOU FLORRIE

Skoolloopbaan

Florrieland

Graad RR kan gesien word as ‘n voorbereidingsjaar vir Graad R en Graad 1.

Die kleuter kry die geleentheid om deur speel, te leer, sy wêreld uit te brei en met ‘n verskeidenheid media te eksperimenteer.

Daar word egter klem gelê op ‘LEER deur SPEEL’! Hy moet ook leer om ‘n roetine te volg en aan die vereistes van die klaskamersituasie te voldoen.

Grondslagfase

‘n Grondslagfase leerling (Graad 1-3) beleef hulle wêreld konkreet.

Selfontdekking bied die geleentheid om self te dink. Fisiese aktiwiteite om sosiaal te verkeer.

Die doel van opvoeding is om aan die leerder die geleentheid te bied om te leer van norms, waardes, kennis, insig en vaardighede.

Leer ook om interaksie tussen ander te bewerkstellig en sosiale vaardighede saam met taal te ontwikkel.

Intermediêre-en seniorfase

Graad 4 is die eerste graad van die intermediêrefase. Dit is die eerste jaar wat leerders eksamen skryf.

Graad 6 is die laaste jaar van die intermediêrefase en is die voorbereiding vir die seniorfase.

Graad 7 is die eerste graad van die seniorfase. Werkslading is meer om te verseker dat leerders reg is vir die hoërskool.

Skooltye

Florrieland:

Maandag - Vrydag 07:30 - 12:40

Gr.1-3:

Maandag - Donderdag: 07:30-13:30
Vrydag: 07:30-12:50

Gr.4-7/LSEN:

Maandag - Donderdag: 07:30-13:40
Vrydag: 07:30-13:05

ONS PRAGTIGE SKOOL

Skoolhekke

Opstalhek: Florrieland (Gr.RR)

Florishek: Florrieland en Grondslagfase (Gr.R-3)

Ridderhek: Intermediêre- en seniorfase (Gr.4-7) en LSEN.

Personeelhek: Slegs personeel en naskool leerders vanaf 15:00.

Differensiasie binne die klas

Druk hier vir 'n beskrywing:
Elke leerling het genadegawes en talente van die Here ontvang. Elkeen is dus uniek met hulle eie onderskeie eienskappe. Gedifferensieërde onderwys behels die erkenning, waardering en respek vir die diversiteit van leerlinge in die klaskamer. Ons leef die skool se waardes met trots uit.

Ons waardes

Druk hier vir ons waardes:
Omgee - Verdraagsaamheid - Eerlikheid - Trots - Respek

naskool

Studiesentrum van 13:40 tot 17:30

Skoolfonds 2025

Florrieland

Gr.RRR, R en R
R 1 850 per maand
  • Eerste paaiement R2500.00
  • R21 000.00 per jaar
  • Skryfbehoeftes uitgesluit (R200 per kwartaal)
  • Skoolfoto's ingesluit (eerste stel)
  • Bak en brou behoeftes
Kleuterskool

Laerskool Florida

Gr.1-7 en LSEN
R 1 750 per maand
  • Eerste paaiement R2500.00
  • R20 000.00 per jaar
  • Skryfbehoeftes word nie ingesluit nie
  • Skoolfoto's ingesluit (eerste stel)
  • Vervoer na plaaslike buitemuurse aktiwiteite word gesubsidieer. Die ouers gaan ‘n klein bedrag per rit moet inbetaal.
  • Twee leerders: R3500.00 per maand (R40 000.00 per jaar)
  • Drie of meer leerders: R5 250.00 per maand (R60 000.00 per jaar)
Laerskool

FLORRIELAND &
LAERSKOOL FLORIDA

Bankbesonderhede

Laerskool Florida

First National Bank (FNB)

Tak: 210554

Rek: 62921006244

TUISBLAD KORTPAAIE

Hoe kan ons jou help?

Kontak ons

By Laerskool Florida weet ons dat elke kind uniek, besonders en spesiaal is. Ons streef om jou kind se potensiaal te bereik deur te fokus op hulle unieke boustene.